Monday, July 30, 2007

Pizza en fone

Ek staan voor 'n groot lewensvraag. Dit belemmer my gesondheid, want ek het nie die antwoorde nie. Miskien sal julle antwoord op die volgende twee vrae my help in 'n rigting:

1. Maak Panarotti's se (voeg gepaste byvoeglike naamwoord hier in) advertensies julle enigsins lus om daar te gaan eet?

2. Het daai (voeg gepaste byvoeglike naamwoord hier in) meerkat van Vodacom jou al enigsins nog 'n kontrak laat teken?

In bewende afwagting om uit te vind: Am I alone in this world?

14 comments:

idiwidi said...

Ek is so bevoorreg om al hierdie nonsens te mis. Maar, in plaas daarvan moet ek simpel Sjinese meisies in blink mini-rokkies en lemmetjie skerp stemmetjies op die TV verduur. Uggg!

Freddy said...

Idi
Jy het verseker bomenslike kragte. Gebruik dit met groot omsigtigheid. Ek sal voortaan met nederigheid my lot tydens kommersiele breuke verdra.

george said...

Ek dink nie ek het al Panarotti's se advertensies gesien nie. Hoe gaan dit?

Die meerkat sal my eerder na MTN dryf. En dit sê baie. Die standaard van Vodacom se advertensies het oor die algemeen verswak. Hulle moet 'n nuwe ad agency kry.

"Gekaapte" Oppietrap said...

Freddy! Hier is ek alweer oppie net. Ek gaan jou eendag in lewende lywe ontmoet. En dan gaan jy spyt wees...

BatCat81 said...

Ek het nie antwoorde nie... maar ek het byvoeglike naamwoorde wel...

Freddy said...

George
Ek wil nie die Panarotti's advertensie bespreek nie, dis te seer vir my. Maar, jy maak 'n uitstekende punt.

Oppietrap Anoniem
Ek sal wag...

Batcat81
Blog daai woorde vir ons, toe?

Pienk Zuit said...

Ek is seker verkeerd, maar ek dink nie advertensies het te veel van 'n uitwerking op my nie. Pryse (of goeie waarde) weeg vir my net te veel as ek 'n produk koop, of nie koop nie. Vodacom is te duur, maak nie saak hoe swak of goed hulle meerkat is nie. Maar dit irriteer my wel soveel dat ek die kanaal verander eerder as daarna te kyk. Panarotti's pla my nogal nie so erg nie.

Rendier said...

Ek stem met Zuit dat advertensies my nie uitlok nie, maar wat my lam maak is die onvanpaste advertensies - soos die onlangse reeks Agiolax advertensies, so in etenstye. Swak smaak.

Nog 'n ding - Negatiewe advertensies - die wat hulle kompetisie afkraak/verneder(FNB met die uwe "Richard" wat inbel). Dis mos oneties of het ons nou heeltemal ver-Amerikaniseer?

Bertus! said...

Vodacom is half onvermybaar, maar ek sal nooit weer by Panarotti's eet nie, uit protes.

Ek wonder said...

Ek het gewonder of ek die enigste is wat nie die grillerige meerkat dingetjie kan hanteer nie - ek sal beslis nooit 'n Vodacom kontrak sluit nie - hoekom dink jy dis onvermybaar, Bertus?
Baie ander advertensie frustrasies laat my wonder en ek 'cheer' mense wat iets daaraan doen - soos die groep wat kapsie maak teen die 'softporn' billboards wat clubs en wat nog adverteer, en op die topic - het 'n halfkaal girl jou al ooit 'n kar laat koop?

Dankie Freedy dat jy oppieTrap se plekkie warm hou - hopelok inspireer dit haar om die 'bleddie D' klaar te kry en weer hier te kom sit

Ek wonder said...

Sorrie - vingers alweer te vinnig vandag - vergewe al die tikfoute!

Bordeaux said...

Die Panarotti's advertensies was bepaald grillerig. Daai Vodacom meerkat maak my bang, maar ek stem met Bertus, hulle is onvermydelik. Uiteindelik dink ek verkies ek die advertensies wat Idiwidi moet verduur bo van die nonsens op SA televisie.

platterfuss said...

(sug)

Meeste advertensies jaag my instinktief in 'n teenoorgestelde rigting... behalwe daai damn vuilgesiggie vroumens met die ribs (dink dis Steers)! Ek voel om eerste en beste 'iets' met ribbes te bespring, te marineer en te EET!!!

:-P

Daniël said...

As ek weer moet gaan fliek, en deur Panarotti's en die Meerkat se ads moet sit, gooi ek wragtag 'n baksteen deur die pizza plek se venster, en ek bel vir vodacom. Dinge kan darm nie so aangaan nie. Ek is bly ek is nie alleen nie.