Monday, August 13, 2007

Tuesday, August 7, 2007

Compare prices at Facebook


Shock!

Horror!!


Ek het 'n uitnodiging van Facebook se 1096539365638284636ste application gekry om my vriende te COMPARE!

Ek kon sedertdien nog nie uitasem nie.

Monday, July 30, 2007

Pizza en fone

Ek staan voor 'n groot lewensvraag. Dit belemmer my gesondheid, want ek het nie die antwoorde nie. Miskien sal julle antwoord op die volgende twee vrae my help in 'n rigting:

1. Maak Panarotti's se (voeg gepaste byvoeglike naamwoord hier in) advertensies julle enigsins lus om daar te gaan eet?

2. Het daai (voeg gepaste byvoeglike naamwoord hier in) meerkat van Vodacom jou al enigsins nog 'n kontrak laat teken?

In bewende afwagting om uit te vind: Am I alone in this world?

Afwaarts en Opwaarts

Dis nogal scary.

Saturday, July 28, 2007

Friday, July 27, 2007

Versoening in die kuberruimte

Liewe gereelde medeblogger

Die oppietrap blog het gesneuwel. Positief soos ek is, beskou ek eintlik dan nou hierdie site as 'n plekhouer vir die trapsitter om sometime terug te keer.

Verder is ek onder die indruk dat sommige mense een spesifieke medeblogger verkwalik vir die verdwyning van die staircase.

Ek voel HENGSKE ongemaklik hiermee, want ek hou nie van onvrede nie.

Hiermee dus 'n beroep op my blogger-vriende om hier uit te sort wat moet uitgesort raak.

Asb?

Ek weet blog is eendimensioneel, maar julle IS huidiglik deel van my wereld waar ek nie onvrede soek nie.

Freddy