Friday, July 27, 2007

Versoening in die kuberruimte

Liewe gereelde medeblogger

Die oppietrap blog het gesneuwel. Positief soos ek is, beskou ek eintlik dan nou hierdie site as 'n plekhouer vir die trapsitter om sometime terug te keer.

Verder is ek onder die indruk dat sommige mense een spesifieke medeblogger verkwalik vir die verdwyning van die staircase.

Ek voel HENGSKE ongemaklik hiermee, want ek hou nie van onvrede nie.

Hiermee dus 'n beroep op my blogger-vriende om hier uit te sort wat moet uitgesort raak.

Asb?

Ek weet blog is eendimensioneel, maar julle IS huidiglik deel van my wereld waar ek nie onvrede soek nie.

Freddy

9 comments:

Do Kwang said...

What is going on???

Freddy said...

What I would like to know!! Ek het oudergewoonte besoek afgele, en VOILA! die trap was leeg.

Pienk Zuit said...

Hel, ek hoop nie dit was iets wat ek gesê het nie. Ek sê so nou en dan "poep", maar probeer om niks erger te sê nie. My sin vir humor is ook soms vreemd vir ander, maar tog nie naasteby so vreemd soos Freddy sin nie... (Sien, ek probeer al weer die situasie ontlont met swak humor)

maeree said...

mudfight!

okay, ek sal uitstort wat uitgestort moet raak:
ek blameer vir freddy. een oomblik blog oppietrap nog rustig voort, volgende oomblik het freddy haar blog gekaap! (terloops, hoe het jy dit reggekry?)

maar ek vergewe jou. ek vergewe nogal maklik. eintlik hoofsaaklik omdat ek nie sommer kwaad raak nie. al dink mense ek's kwaad. ek's net uitgesproke.

ek's bly jy hou plek hier. ek wens al lankal dat jy 'n nonsies-blog ook sal kry, gelyklopend met die kansel.

(oops, was dit dalk my wens se skuld dat oppietrap verdwyn het?)

Freddy said...

Ek IS goed met nonsies.

amanda said...

Ek voel hier is 'n komplot aan die gang - Freddy ek dink jy het Oppietrap ontvoer en is besig om ons af te pers om oor te kom na die "dark side". Laat ons saam staan teen hierdie "evil presence" en oppietrap probeer red.

Oppietrap said...

Ek glo nie wat ek sien nie!!!! My blog wat ek onder die trap ingeskop het, het 'n lewe van sy eie. Of is dit Freddy wat die dooies nie met rus kan laat nie!! Vir incase iemand wonder, hierdie is die ware Oppieblog-reaksie, en nie die Pseudo-oppieblog-fake van onse freddels nie! Wie ook al wonder, ek is nie dood nie. Ook nie weg nie. Ek maak my doktoraal klaar. maar ek sal wel so nou en dan hier kom inloer.

Anonymous said...

'n Hartklop, 'n wasempie teen die spieEl. Yeaaay! (Multiple personalities - toemaar)

Maminet said...

Haai, kom uit daar onnerietrappie! Ek mis goeie Afrikaanse blokkers. Terloops, "huidiglik" word huidiglik nog nie erken as properse woord nie.

Sê wie?